Blog

Sluiting van Pretoria Praktyk

n Voorspoedige 2022 word u toegewens! Mag die Nuwe Jaar vir u goeie gesondheid, ware rykdom en geluk inhou.


Oor die jare het elke pasiënt my na aan die hart kom lê. Ek was voorwaar geseënd om nog beide praktyke, in Pretoria en in Kaapstad te kon behartig. Na die afsterwe van my seun Johan, in Junie 2021, het die tyd egter aangebreek dat ek my aandag moet toewy aan my gesin en praktyk in Kaapstad.

Ek sal graag my Pretoria praktyk se pasiënte wil behou; daarom bied ek die volgende opsies en voorstelle aan:

  • Nuwe pasiënte wat verwys is deur ‘n oor-neus-en-keelspesialis kan ek oor die internet mee konsulteer. Ek moet egter voor die afspraak die verwysingsbrief ontvang. Dit is egter noodsaaklik dat daar ‘n afspraak in persoon met pasiënte moet geskied voor enige Chirurgie kan plaasvind, dit mag in sekere gevalle selfs tot ‘n dag voor Chirurgie geskied.
  • Alle bestaande/opvolg Pretoria pasiënte word aangemoedig om my, indien moontlik, in my Kaapstad praktyk te kom sien. Waar non-chirurgiese behandeling ter sprake kom kan ek in samewerking met u huisarts of plaaslike oor-neus-en-keelspesialis(ONK spesialis) u steeds behandel, en kan dan in persoon met u opvolg jaarliks of twee jaarliks, wat voldoende behoort te wees.
  • Enige opvolg pasiënt wat nie in Kaapstad kan opvolg nie, kan op een van twee maniere hanteer word:
    • Konsultasie deur middel van internet of per telefoon
    • Verwysing na ‘n plaaslike spesialis wat deur my gefasiliteer of gereël sal word.
  • Opvolg vestibulêre schwannoom/akoestiese neuroom pasiënte kan deur myself deur middel van die internet, of deur Dr T. Bingle (neurochirurg) persoonlik gesien word in Pretoria.
  • Met uitsondering sal alle Chirurgie voortaan slegs in Kaapstad plaasvind. Daar sal waarskynlik net ‘n beperking geplaas moet word op vlieg na die Chirurgie weens die lugdrukverskille, maar dit sal vooraf vir u genoem word vir die tref van u vervoer reëlings.
  • Opvolge na Chirurgie in Kaapstad kan in Pretoria of u tuisdorp geskied deur die huisarts, die verwysende ONK spesialis of Dr T Bingle (neurochirurg).
  • Indien u voortaan ‘n ander spesialis wil sien, sal ek met graagte alle relevante dokumentasie op my rekords aan u nuwe spesialis stuur, sodat daar nie onderbreking in u sorg is nie

Opsies vir Internet konsultasies sluit in:

  • Telefonies vanaf my kamers 021 418 3219
  • Watsapp call of video call na 082 339 4926
  • Zoom na lmhofmeyr@surgeon.co.za
  • Teams, Skype of enige ander applikasie (reël met Yolanda 021 418 3219)

My allerbeste wense vergesel u!

Search
Categories
Archives